|
Kip In't Potje
Algemeen
Bereidingstijd: 30-60 minuten
Maaltijdgang: Hoofdgerecht /
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: 2 middelslag-hoenders, in klein porsies opgesny -
′n handvol (+- halwe koppie) botter -
1/2 handvol (+- kwart koppie) suiker -
2 koppies sjerrie of soetwyn -
1 handvol (+- halwe koppie) mielieblom -
sout na smaak -
vars gemaalde swartpeperkorrels
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Smelt die botter in die potjie (of ploegskaar) en braai die hoender daarin tot bruin. Roer en draai die hoenderstukke om totdat goed gaar. Skuif die vleis eenkant van die potjie (of na die rand van die ploegskaar) waar dit kan warm bly.
Meng intussen die mielieblom en twee koppies sjerrie (of soetwyn) met een liter water. Strooi die sout, peper en suiker oor die vleis.
Maak seker dat die pot/ploegskaar goed warm is en giet die mengsel dan daarin. Roer totdat dit dik geword het en prut vir enkele minute totdat heel gaar. Meng die sous en die hoender en sit voor met stywe pap of rys.
|
|
|